Event information
ALV-kongres - inligtingH2
Die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV)-kongres 2025 H3
10-12 September H3
Universiteit van die Vrystaat, BloemfonteinH3
Die ALV nou ook vir taalkundiges
Op die ALV-kongres van 2023 is met 'n oorweldigende meerderheid getoon dat die ALV ook die taalkunde moet insluit. Daarom word taalkundiges (Taalkunde en Linguistiek) ook genooi om aan te meld vir die ALV-kongres wat van 10-12 September 2025 in Bloemfontein sal plaasvind. Tydens die ledevergadering (wat as afsluiting van die kongres dien) sal wysigings aan die grondwet gefinaliseer word en 'n nuwe gekombineerde bestuur (taal- en letterkunde) en redaksie van Stilet verkies word. Die organiseerders is baie opgewonde om dié historiese geleentheid in Bloemfontein te hou en die kongresprogram beloof om 'n paar aangename verrassings in te sluit.
Body
Wat is die ALV?H2
Die doelstelling van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) is om die Afrikaanse letterkunde te bevorder. Die bewerkstelliging van kontak en samewerking tussen persone wat in hul beroep en uit belangstelling die wetenskaplike ondersoek, onderrig en bevordering van die Afrikaanse letterkunde nastreef, is eweneens 'n doelstelling van die vereniging.

Tydens die stigtingskongres van die ALV by die Universiteit van Pretoria op 26 Oktober 1984 is prof. Elize Botha van Universiteit van Suid-Afrika as die eerste voorsitter verkies. Dr. Charles Malan word as ondervoorsitter verkies met me. Francis Galloway as sekretraresse en prof. DH Steenberg as penningmeester. Sedertdien het onder meer prof. Heilna du Plooy, prof. Willie Burger, prof. Louise Viljoen, prof. Helize van Vuuren, prof. Hennie van Coller, prof. Andries Visagie, prof. Phil van Schalkwyk en dr. Francois Smith as voorsitters van die vereniging opgetree. Erelede sluit in prof. Heilna du Plooy, dr. Hans Ester en dr. Luc Renders.

Die geakkrediteerde tydskrif Stilet met prof. Marius Crous as redakteur is die mondstuk van die ALV. In die tydskrif verskyn onder meer vakdeskundige artikels, resensies en kreatiewe bydraes. Die tydskrif publiseer gereeld bydraes wat voortspruit uit die tweejaarlikse kongresse wat die vereniging op verskillende universiteitskampusse in Suider-Afrika aanbied.

Die huidige bestuur van die ALV is prof. Andries Visagie (voorsitter), dr. Mathilda Smit (ondervoorsitter), dr. Janien Linde (sekretaris) en dr. Ihette Jacobs-Senekal (penningmeester).
Body
ALV-lidmaatskapvormH2
Stuur 'n e-pos aan dr. Janien Linde by janien.linde@nwu.ac.za om 'n lidmaatskapvorm te bekom.
KongrestemaH2
Kanon en Kantlyn in die Afrikaanse taal- en letterkunde
Onder dié tema beoog die kongres om die tradisionele teenstelling tussen sentrum en periferie te herbedink. Tegnologiese vooruitgang, globale emigrasiepatrone en die kritiese bevraagtekening van literêre standaarde het daartoe gelei dat die grense tussen sentrum en periferie al hoe vloeibaarder raak. Trouens, 'n enkele letterkunde of teks kan gelyktydig in die sentrum en op die periferie funksioneer - afhangende van die perspektief wat gebruik word om dit te interpreteer. Hierdie dinamiese verhouding skep geleenthede om gevestigde aannames te heroorweeg en nuwe maniere te vind om literêre waarde, invloed en relevansie te verstaan. Die Universiteit van die Vrystaat wat geografies tussen die kulturele invloede van die Kaap en die Noorde val, dien as ideale (fisieke) ruimte om te besin oor die dinamika van en wisselwerking tussen sentrum en periferie in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en taalkunde.

Dit is 'n omvangryke tema wat ruimte bied vir wydlopende en uiteenlopende onderwerpe (wat nie beperk is tot die onderstaande nie):
- Kanonisering
- Sentrum vs. periferie, beide letterlik en figuurlik verstaan
-
Hoë en lae/populêre kultuur
- Nuwe perspektiewe op vergete skrywers
- Suid-Afrikaanse literatuur op die kantlyn van die Nederlandse kanon; Nederlandse literatuur op die kantlyn van die Afrikaanse kanon
- Insluiting en uitsluiting
- Standaard vs.
variëteit, ook wat literêre tekste betref
- Kaaps en Oranjerivierafrikaans
- (Her)standaardisering
- Taalonderrig en -aanleer
- Hoe oud is Afrikaans?
- Taal en mag - wie word gehoor en wie word uitgesluit?
- Taalverskuiwing
- Marginalisering van (Afrika)tale in die openbare ruimte
- Die invloed van stedelike migrasie op periferale tale
- Sosiale media as platform vir periferale tale
Body
ProgramH2
Die FINALE program is op hierdie skakel beskikbaar:
www.plan2join.com/alv2025program
Body
SprekersH2
Opening: Prof. Vasu Reddy (adjunk-visekanselier: navorsing en internasionalisering, UV/UFS)
Christo van Rensburg-gedenklesing: Prof. Elvis Saal - 430 jaar van Gariepafrikaans – Die storie van 'n kanniedood-variëteit
Karel Schoeman-gedenklesing: Prof. Louise Viljoen - Gedagtes oor die rol van die liggaam in Schoeman se romankuns met verwysing na 'n Ander land en Afskeid en vertrek
Hoofrede: Prof. Henning Pieterse - 'n Lewe in die huis van wees
Body
PaneelgesprekkeH2
Paneelbespreking 1 (10 September): Standaard en variëteit (sameroeper: dr. Francois Smith; paneellede: prof. Gerald Groenewald, mnr. Luan Staphorst en mnr. Marius Swart)
Paneelbespreking 2 (11 September): Dosering van Kreatiewe Skryfkuns (sameroeper: prof. Henning Pieterse; paneellede: prof. Sonja Loots, me. Lynthia Julius, dr. Francois Smith en prof. Henning Pieterse)
Paneelbespreking 3 (12 September): Gedeelde doseerkundigheid (sameroeper: prof. Angelique van Niekerk; paneellede: dr. Elbie Adendorff, dr. Amanda Marais, prof. Adri Breed en prof. Willie Burger)
(https://forms.gle/hJLWB136THC3in4w6 - vooraf-opname teen 11 Julie 2025)
Paneelbespreking 3 se afsluiting: Die pad vorentoe (Prof. Wannie Carstens)
Body
Belangrike datumsH2
Sperdatums vir die ALV-kongres
Sluitingsdatum vir die indiening van abstrakte: 30 April 2025
NB! Die sluitingsdatum vir indiening van abstrakte word verleng na 16 Mei 2025
Aansoekers sal op Vrydag 13 Junie van die uitslag van die keuring in kennis gestel word.
Sluitingsdatum vir registrasies: 8 Augustus 2025.
(Verdere datums sal ook hier op die webblad gekommunikeer word.)
Body
Oproep om referateH2
Die omvangryke tema "Kanon en Kantlyn" bied ruimte vir wydlopende en uiteenlopende onderwerpe (wat nie beperk is tot die onderstaande nie):
- Kanonisering
- Sentrum vs. periferie, beide letterlik en figuurlik verstaan
- Hoë en lae/populêre kultuur
- Nuwe perspektiewe op vergete skrywers
- Suid-Afrikaanse literatuur op die kantlyn van die Nederlandse kanon; Nederlandse literatuur op die kantlyn van die Afrikaanse kanon
- Insluiting en uitsluiting
- Standaard vs. variëteit, ook wat literêre tekste betref
- Kaaps en Oranjerivierafrikaans
- (Her)standaardisering
- Taalonderrig en -aanleer
- Hoe oud is Afrikaans?
- Taal en mag - wie word gehoor en wie word uitgesluit?
- Taalverskuiwing
- Marginalisering van (Afrika)tale in die openbare ruimte
- Die invloed van stedelike migrasie op periferale tale
- Sosiale media as platform vir periferale tale

Referate in Afrikaans en Nederlands word verwelkom.
Body
Voorlegging van referaatvoorstelleH2
Voorstelle vir referate van ongeveer 300 woorde word ingewag tot en met 30 April 2025.

Referaatvoorstelle moet die volgende inligting bevat:
- Titel van die referaat
- Naam van die bydraer(s)
- E-pos-adres van die bydraer(s)
- Affiliasie

Stuur alle korrespondensie aan ALV2025@ufs.ac.za (Kontakpersoon: Corné Richter).
Versprei asseblief die kongresuitnodiging aan Afrikaanse en Nederlandse taalkundiges en letterkundiges in jou netwerk!
Body
Registrasie - kongrestarieweH2
Kongrestariewe
Kongres: R2 500
Kongres en twee aandfunksies: R2 850
Kongres (studente): R1 250
Kongres en twee aandfunksies (studente): R1 600
Body
Registreer hierH2
Registrasiesperdatum is verstreke.
Body
Uitnodiging aan deelnemers - Stilet en LitNet AkademiesH2
Kongresbydraers word genooi om bydraes binne die letterkunde vir keuring te stuur na Stilet by https://journals.co.za/journal/stilet/submit.

Kongresbydraers word genooi om bydraes veral binne die taalkunde en taalverwerwing vir keuring te stuur aan LitNet Akademies.
LitNet Akademies
rig ’n ope uitnodiging aan navorsers wat taalkunde- en taalverwerwingreferate lewer (asook die navorsers van die drie hoofredes) om ná die konferensie artikelvoorleggings op grond van hul bydraes aan LitNet se geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal, LitNet Akademies, te stuur. Die voorleggings wat die eweknie-beoordelingsproses suksesvol ondergaan, sal in ’n spesiale afdeling in een (of meer, afhangende van die aantal artikels) van LitNet Akademies se uitgawes verskyn.

LitNet Akademies publiseer portuurbeoordeelde Afrikaanse navorsingsartikels. Slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, word gepubliseer. LitNet Akademies sien graag dat artikels so gou moontlik ná die beoordelingsproses verskyn. LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie. Navorsers ontvang ná publikasie R12 000 per artikel. Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg. Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za.

Body
BetaalopsiesH2
Bankbesonderhede
Die Afrikaanse Letterkundevereniging
ABSA Tjek
Rekeningnommer: 10174260
Takkode: 632005
Verwysing:
Naam en van

Stuur asseblief 'n bewys van betaling aan Corné Richter by ALV2025@ufs.ac.za
Body
Sosiale aktiwiteiteH2
Kongresgangers kan uitsien na musiekkonserte, skemerkelkonthale, 'n filmvertoning en nog meer.Body
Verblyf en toegang tot die kampusH2
Kongresgangers moet slegs hul kongresuitnodiging in papierformaat en/of op hul selfone by die UV/UFS-hoofhek (Nelson Mandelarylaan) vertoon vir maklike toegang tot die kampus.
Die kaart van die UV/UFS-kampus is op hierdie skakel beskikbaar: https://plan2join.com/wp-content/uploads/2025/06/UFS-Campus-Map.pdf
Alle kongresaktiwiteite vind in die EBW (Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe)-gebou (nommer 144 op die UV/UFS-kaart) se verskillende lokale plaas. (In Engels op die kaart: Economic and Management Sciences Building, number 144.)

Kovsie Inn (kampusverblyf)
Webwerf: https://www.ufs.ac.za/kovsie-inn/kovsie-inn-home
Kontakpersoon: Ilze Nikolova
E-pos-adres: nikolovai@ufs.ac.za
Telefoonnommer: 051 401 7775

Dias gastehuis
Webwerf: https://www.diasgh.co.za/
E-pos-adres: info@diasgh.co.za
Telefoonnommer: 051 436 6225 / 083 265 0265

A Little Guest House
Webwerf: https://alittleguesthouse.co.za/
E-pos-adres: info@alittleguesthouse.co.za
Telefoonnommer: 082 228 9988

Villa Bali boetiekhotel
Webwerf: https://villabali.co.za/
E-pos-adres: info@villabali.co.za
Telefoonnommer: 051 444 6606

Solo Gracia gastehuis
Webwerf: https://sologracia.co.za/
E-pos-adres: info@sologracia.co.za
Telefoonnommer: 073 511 8602

Abiento gastehuis
Webwerf: https://abientoguesthouse.co.za/
E-pos-adres: info@abientoguesthouse.co.za
Telefoonnommer: 082 688 9354

Protea Hotel Bloemfontein (Nelson Mandelarylaan)
Webwerf: https://www.marriott.com/en-us/hotels/bfnbf-protea-hotel-bloemfontein/overview/
Telefoonnommer: 051 444 4321

Verdere verblyfopsies te vind op LekkeSlaap se webwerf: https://www.lekkeslaap.co.za/
Body
Vervoeropsies in BloemfonteinH2
Huurmotors is by Bram Fischer internasionale lughawe te kry (Telefoonnommer: 051 407 2200, webwerf: https://bramfischerairport.co.za)

Bloemfontein het nie Uber-dienste beskikbaar nie.

Taxi- en pendeldienste
Bolt (https://bolt.eu/en-za/)
Maxim Taxi's (https://taximaxim.com)
Bloem Taxi's (Telefoonnommer: 0723499738)
Winona pendeldiens (Telefoonnommer: 073 178 1800)
Body
UitstallersH2
Books@Bloem
Van Schaik Boekwinkel
Exclusive Books
NALN
Body
BorgeH2
ATKV
Stichting Neerlandia
ALV
UV/UFS
Body
OrganiseerdersH2
Gasheer: Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans
Universiteit van die Vrystaat

Prof. Henning Pieterse
Prof. Angelique van Niekerk
Dr. Francois Smith
Dr. Marian Human-Nel
Dr. Mathilda Smit
Dr. Carla Ellis
Dr. Alison Stander
Me. Corné Richter

Bogenoemde departement reël die kongres onder die vlag van die ALV.
Body
NavraeH2
Rig navrae aan ALV2025@ufs.ac.za (kontakpersoon: Corné Richter).Body